In die somermaande is dit baie warm en in die winter is daar swaar ryp en soms sneeu. Die lente en herfs is gematig en die veld normaalweg groen en die diere vet.

Die plantegroei bestaan uit ‘n verskeidenheid karoobossies, grasse, vetplante met doring- en kareebome langs die klowe en riviere.

Die wild wat op Gemsbokfontein voorkom is vaalribbokke, springbokke, klipspringers, steenbokke en duikers.