Die kampplek het staanplek vir 10 voertuie. Daar is storte, spoeltoilette en braaiplekke. Die kampterrein is omring deur berge en geleê in ‘n diep kloof wat insny tussen die Roggeveldberge (32° 39’ 36 S en 20° 58’ 10 O).

LW: Dit word aanbeveel dat toe skoene saans gedra word asook bedags wanneer daar buite die kampeer-area beweeg word.