Die heel lekkerste ding om hier te doen is om te rus – ver weg van die alledaagse. Indien jy wil stap – daar is ‘n groot waterval in die westelike kloof (wanneer dit gereën het) en ‘n holkrans in die noordelike kloof. Versteende hout en dinosaurus gebeentes kan deur die geoefende oog waargeneem word asook interessante geologiese afsettings.

Indien jy jou 4x4 wil beproef – daar is twee steil roetes tot bo-op die berge. (Gradering 3 - 4) Die hoogste piek van hierdie berge is 1652 m bo seevlak en op ‘n helder dag sal sal die Swartberge met Buffelspoort en Towerkop in die suide, Matroosberg in die weste, die sterrewag naby Sutherland in die noorde en die Koup in die ooste te sien wees.