Gemsbokfontein is ideaal vir ‘n groep vriende of familie wat lief is vir die natuur en wil wegbreek uit die besige alledaagse lewe. Die skone natuur wat eie is aan die Karoo kan eerste hands ervaar word deur in die veld te stap, berg te klim, 4x4 te ry of om onder die helder sterre om ‘n kampvuur in die aand te kuier.

Gemsbokfontein is geleê in die Moordenaarskaroo. Hierdie streek met sy unieke topografie en plantegroei is geleê noord van Laingsburg en suid van Sutherland – ongeveer 200 km vanaf die Hugenote Tolhek. Die pad na die kampterrein en ander paaie in die berge is slegs toeganklik vir 4x4 voertuie.